Professionele Dienste
Tarangaan maak publikasie maklik vir skrywers, uitgewers, klubs en organisasies. Ons kry jou publikasie persklaar met professionele dienste gerugsteun deur agtien jaar ervaring in die mediawêreld. Algemene, tegniese en reklamewerk word alles ewe goed gedoen.
Tarangaan draai die drukkersduiwel nek om! Die drukpers en digitale media is finaal. Indien 'n swak teks vol foute gepubliseer word, skep dit 'n verleentheid vir die skrywer en uitgewer.
Ons lewer 'n tweetalige taaldiens wat tekste verbeter deur die verwydering van foute. Boeke en artikels word opgeknap deurdat dit in vloeiende en deursigtige taal herskryf word indien die skrywer dit verlang. Laat ons ervaring en insig jou trots maak op jou publikasie!
Redigering, proefleeswerk en vertaling
Ander dienste sluit in redigering, proefleeswerk en vertaling. 'n Teks word geslyp en skoongemaak sodat dit gereed is vir die drukpers. Nadat die teks deeglik gelees en foute gemerk is, word die korreksies gedoen en dit word noukeurig nagegaan. Dan is die teks finaal afgerond tot 'n produk waaroor die skrywer en uitgewer verheug sal wees.
Toesprake en persverklarings
Dan bied Tarangaan skeppende werk soos die skryf van toesprake en persverklarings. Bereik jou teikengehoor met eenvoudige, verstaanbare en duidelike taal wat die mense aan jou kant sal kry. Vertel Tarangaan wat jou vereistes en boodskap is, en ons stel dit in goeie en idiomatiese taal wat jou gelukkig sal maak. Tarangaan het jare ervaring in debatvoering en die skryf van berigte wat in koerante en tydskrifte geplaas word. Onthou: Jy kan jou onderneming, projek of fondsinsameling gratis dekking gee deur 'n doeltreffende persverklaring uit te reik.
Redakteurs en publikasies
Tarangaan bestaan uit ervare en tweetalige redakteurs en vertalers wat tale soos Duits, Frans en Italiaans dek. Die afgelope jaar het Tarangaan tien boeke vertaal en aan twee woordeboeke gewerk. Boeke is vir vooraanstaande uitgewers geredigeer en geproeflees.
Kontak Ons